Manie & Laetitia Kriel

Manie & Laetitia Kriel

STELLA - Hoof van Sekuriteit

STELLA - Hoof van Sekuriteit

DIE BORDE BUITE DIE PLAASSTAL BLY 'N WENNER!

DIE BORDE BUITE DIE PLAASSTAL BLY 'N WENNER!

Monday, April 2, 2007

Kom sit en geniet moerse lekker kos in ons tuin. In die winter brand daar altyd 'n heerlike vuur. Ons vriende (klante) skakel ons vooraf om van ons warm sexy brood te bestel. Moerse vetkoek of Snoek viskoekies is ook gereeld op die bestellingslys. En moenie ons melktert vergeet nie! En die beskuit! Daar is net te veel om te noem.

Doen jouself 'n moerse guns: Hou stil en besoek ons en dis nie ons wat so sê nie, lees ons besoekersboeke en sien dis ons klante wat so sê: "Moerse blêrrie brêkfis in SA".

Bottels op bottels jam van Suurvy tot Komkommer, ingelegde Kwepers (roer jou voor dit op is), Minister Waatlemoen stukke , Druiwe, Pruim, Vye, Marmelade, Perske snipper jam en fynbos Heuning.

Innie yskas is regte plaasbotter, tandmerk-dik gesmeer op ons sexy brood met Appelkooskonjêm. (Hoe lus kry ek nou - ek is nou terug) Dit was nou moerse lekker!

Ons bokkoms is baie gewild en nou het ons regering die mense wat die lekkerny aan ons lewer, se kos uit hul mond geneem en harder-trek-permitte ingetrek. Ons traai/poog ons beste en as ons bokkoms kan kry, sal jy bokkoms kan koop.

Regtig 'n produk om vooraf oor te bel, yskoue Gemmerbier soos my ouma Souf my geleer het om te maak. Ons het 'n genotuleerde besluit dat GEEN slap tjips gelewer word wat nie vars gemaak is nie.

Stella, die groot swart teef, is ons hoof van sekuriteit. Moet net nie iets negatief oor haar kwytraak nie - sy sal dit afskryf as rassisme.

Etienne, ons oudste, bedryf ons kwekery en as ons nie die plant, struik of boom in ons kwekery het nie, sal dit jou bestel. Sy stokperdjies is Clivia's en Vetplante. Ons konsentreer op endemiese plante. Ons sien gereeld mense hier stilhou, oppad na hul strandhuis; met 'n lorrie vol plante wat 'elders' mooi groei en gekoop is. (Elders - Pretoria, Paarl, Bloemfontein, ens.) Binne drie maande is alles dood en baie geld gemors. Ons weet wat groei by die kusdorpe en wat nie.

Etienne help ook mense met die uitlê van tuine en so het ons al baie tuine as getuigskrif van Etienne se werk. Hy doen ook sprinkelbesproeiing.

Annelene, sy vrou, werk ook hier en sorg vir die innerlike.

Laetitia versorg ons tuine en is die melktert en koekbakker. Sy is my regterhand en groot liefde.

ONTHOU: Liefde is harde werk

BESOEKERSBOEK DIé WEEK:

'Die heerlikste vetkoek en koffie wat ek in 'n lang tyd geëet het' - Amanda en Dirk

'Heerlike atmosfeer buite tussen pragtige plante' - Lydia

'What a lovely surprise to find such a wonderful meal and friendly laughing staff. We'll be back' - Katy Elliot, Kent, UK

'Excellent service, lekker homemades. A place to return to' - Belinda & Lyann, Austria

Besoek ons gerus - Jy is moerse welkom!

See you soon - You are moerse welcome!

1 comment:

Patmos Pete said...

Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.